E-tolstelsel vir eers uitgestel – Sanral

Die beplande aanvangs van die e-tolprojek volgende maand in Gauteng is vir eers uitgestel om die publiek se besware aan te spreek, het die raad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Vrydag gesê.

Tembakazi Mnyaka, voorsitter van die Raad, het in ʼn verklaring gesê dat die raad die kwessies wat deur die publiek geopper is en petisies wat aan vervoerminister Sibusiso Ndebele gestuur is, sal aanspreek. Sanral en Ndebele het Donderdag in Pretoria vergader om die padagentskap se mandaat, Gauteng se e-tolprojek en toekomstige padprogramme te bespreek. “Die raad is van voornemens om al sy verpligtinge aan sy aandeelhouers na te kom en probeer nou om oplossings te beraam,” het Mnyaka gesê. Voordat die e-tolprojek ʼn aanvangs kan neem sal Sanral sy bevindinge aan die minisiter voorlê wat dan ʼn verslag by die kabinet sal indien.

Die omstrede stelsel sou in Februarie begin het, maar daar was kritiek uit verskeie oorde wat aangedui het dat dit ʼn onregverdige las op Gauteng se padgebruikers sou plaas. ʼn burgerlike ongehoorsaamheidsveldtog, wat deur Cosatu en die Demokratiese Alliansie gelei is, het padgebruikers versoek om nie die tolgeld te betaal nie. Die DA se woordvoerder oor vervoer in Gauteng, Neil Campbell, het aan die Sowetan gesê: “As ons almal saamstaan deur absoluut te weier om deel te wees van hierdie onregverdige tolstelsel, sal dit misluk, want Sanral (as tolinsamelingsmaatskappy) en die regstelsel sal nie ʼn boikot deur 95% van snelweggebruikers kan hanteer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.