E-toltariewe aangepas

E-toltariewe vir ligtevoertuie met ʼn e-skyfie het verminder na 30c per kilometer, het Sanral Vrydag bekend gemaak.

“Dit is met 10c verminder van die 40c per kilometer soos verlede jaar besluit is,” het Alex van Niekerk, Sanral se tol- en verkeersbestuurder, Vrydag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria bekend gemaak.

Die basiese tarief vir voertuie wat sonder skyfies ry, bly op 58c per kilometer.

Tariewe vir motorfietse met e-skyfies is ook verlaag van 24c per kilometer na 18c per kilometer. Klas B-voertuie se tariewe is verlaag van R1 per kilometer na 75c per kilometer en swaarvoertuie van R2 per kilometer R1.50 per kilometer.

Ben Martins, die minister van vervoer, het vroeër aangekondig dat die regering voorgestel het dat tol vir ligte voertuie met e-skyfies tot R550 ʼn maand beperk word.

Die 30 dae vir openbare kommentaar eindig op 25 November. Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) se hofsaak teen die e-tolstelsel begin op 26 November.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.