E-toltariewe verkeerd in Staatskoerant

 

e-tol

Argieffoto

Die departement van vervoer het gesê hy neem kennis van die verwarring oor die verskillende e-toltariewe wat in die Staatskoerant gepubliseer is, en het bygevoeg dat dit reggestel sal word.

Die Justice Project SA (JPSA) het teenstrydighede in die Staatskoerant opgemerk tussen die Afrikaanse en Engelse tariewe wat gepubliseer is.

Die JPSA doen nou ʼn beroep op die departement om klaring te kry oor die wettigheid van die teenstrydige tariewe. “Die departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet die hooggeregshof nader om sy eis in die vorm van ʼn verklarende bevel te bekragtig,” het Howard Dembovsky, voorsitter van die JPSA, gesê.

Dembovsky het Woensdag gesê die tariewe veroorsaak erge probleme in die vertolking van die bedrae. Hy doen ʼn beroep op die departement om die kennisgewing te herroep en het voorgestel dat motoriste moontlik e-tolterugbetaling kan eis.

Die departement van vervoer het gevolglik Woensdagaand in ʼn verklaring reageer. “Die fout beïnvloed nie die wettigheid van die wetgewing nie,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder vir die departement, gesê. Hy sê die fout word reggestel en ʼn hersiende weergawe sal binnekort gepubliseer word.

Dembovsky het Donderdag egter gesê die departement probeer hul “foute weg wens”.

Hy sê die departement kan nie sonder om regshulp in te win, aanvoer dat die fout nie die wettigheid van die wetgewing beïnvloed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Verskonings !

Sou dit so gebeur dat betalers wel kon terugeis, gaan dit ook seker weer in ellelange debatte en korrespondensie ontaard.

Demokraat ·

Dis so onbevoeg as wat die ANC-regering is – kan nie eens besonderhede in die Staatskoerant korrek publiseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.