Eddie Izzard wil 27 marathons vir Mandela hardloop

Die Britse komediant, akteur en langafstandatleet, Eddie Izzard, sê hy wil 27 marathons hardloop ter ere van Nelson Mandela, wat 27 jaar lank in apartheid-Suid-Afrika tronkstraf uitgedien het.

Izzard het Donderdag sy plan aan donateurs tydens ʼn onthaal van die Mandela-stigting en argiewe in Johannesburg bekendgemaak. Hy wil die 27 marathons in opeenvolgende dae in Suid-Afrika hardloop en beplan om die roetes te hardloop wat die land aan Mandela se persoonlike geskiedenis koppel.

In 2009 het Izzard 1 770 km in sewe weke regoor Brittanje vir liefdadigheid afgelê.

Mandela (93) het Suid-Afrika se eerste swart president geword ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994. Hy het een termyn as president uitgedien en is nou met pensioen uit die openbare oog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.