Een beseer in ontploffing by Sasol Secunda-aanleg

Die petroleumreus Sasol het bevestig dat daar ʼn gasontploffing was by sy Secunda-aanleg in Mpumalanga.

Sasol sê die ontploffing het Woensdagoggend aan die westelike kant van die aanleg plaasgevind. ʼn Woordvoerder van Sasol, Nothemba Noruwana, sê hulle nooddienste was onmiddelik op die toneel en die situasie is onder beheer. Sy sê een persoon het sy been in die voorval beseer. Noruwana sê die oorsaak en die volle omvang van die ontploffing sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.