Een dood, 10 beseer in KZN-ongelukke

Tien insittendes is beseer toe ’n taxi by Tweedie naby Howick gerol het. Foto: Netcare 911

Een passasier is dood en minstens 10 beseer in twee afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal waarby minibustaxi’s betrokke was.

In die eerste voorval het ʼn minibusbestuurder vroeg Maandagmiddag op die N3-suid naby Tweedie, buite Howick, beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit gerol het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die tien insittendes wat beseer is, se beserings wissel van gering tot matig. “Hulle is op die toneel behandel en deur verskeie ambulansdienste na nabygeleë hospitale vir verdere mediese sorg gebring.”

In die tweede voorval, laatmiddag op die N2 by Umgababa aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het ʼn minibustaxi ook omgeslaan nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het.

Herbst sê in dié geval het een van die insittendes gesterf.

Albei ongelukke word deur die polisie ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Faan ·

Sal graag wil weet hoeveel mense verloor hul lewe of word vermink deur die nalatige en veral roekelose bestuur van die taxi-drywers. Wat ook vir my verbasend is, is dat wetstoepassing ooglopend afwesig is by sekere gebiede waar hulle in spitsverkeer soos besetenes jaag en ander motoriste en voetgangers se lewens vergal en in die gevaar stel.

Leon ·

Nog ‘n ongeluk, nog ‘n taxi, nog ‘n verlore lewe! En die minister en al sy trawante bly stil.
Miskien moet die berig eerder lei:” nog ‘n belasting betaler minder…..”
Nie eens die hoeveel lewens wat oor die naweek in verskeie ongelukke verloor is, pla die regering of enige politikus nie. Ek sal graag wil hoor wat sê ENIGE van ons politieke wesens oor hierdie verliese!

humor ·

Die honderde wat beseer word, wat kos dit die belastingbetaler?

Koos de Meyer. ·

Hoeveel taxi ongelukke was daar nie al hierdie jaar nie met lewens verlies. Hulle ry roekeloos en geen gesag vir pad reëls.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.