Een dood, 105 beseer in Sasolburg-haelstorm

Argieffoto.

ʼn Bejaarde vrou van Sasolburg is dood en 105 mense beseer na ʼn erge haelstorm Dinsdagaand in die gebied.

Gino Alberts, woordvoerder van die Metsimaholo-munisipaliteit, het Woensdag gesê die storm het die Amelia-informele nedersetting Dinsdag omstreeks 21:00 getref.

“Nagenoeg 1 000 plakkershuise is ook erg deur die storm beskadig. Sowat 105 inwoners het beserings opgedoen wat strek van gering na ernstig,” het Alberts gesê.

Alberts sê die dorp se rampsbestuurspan is op die toneel om die presiese omvang van die skade te bepaal. Die munisipaliteit het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulle by te staan deur kos en komberse te skenk. “Skenkings kan by die departement van veiligheid in Sasolburg afgelaai word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.