Een dood, 13 beseer in ongeluk

Foto: @MooloKanyanga/Twitter

Foto: @MooloKanyanga/Twitter

Een persoon is dood en 13 beseer nadat ʼn bakkie Sondagoggend op die N1-suid omgeslaan het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die ongeluk het omstreeks 7:00 Sondagoggend naby die Allandale-afrit plaasgevind. Hy sê die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor waarna die bakkie omgeslaan het. Minnaar sê passasiers is van die bakkie af geslinger. Minnaar sê vier bane van die hoofweg is vir verkeer gesluit. ʼn Helikopter het op die hoofweg geland om diegene wat kritiek beseer is na nabygeleë hospitale te vervoer. Alle bane is intussen weer oopgestel vir verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leon ·

Goeie more Trippie en kie, ek sal graag wil weet hoe kry mens 14 “mense“ op n bakkie. Is dit moontlik??

Eben ·

Goeie more. Hulle klim self op. Die vraag is hoe het hulle tot daar gekom.

Justi ·

Goeie more aan almal. Ja, nee dis erg dat n bakkie so oorlaai word ne.

Shane ·

Dankie Trippie ek chou nou lekker steak egg en chips in die pub en in vrede he he he.My pool game is baie beter die naweek.Jy is ‘n pel miljoen.Sal jou more aflos en my naam terug vat. Plumbing problem sal jou help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.