Een dood, 16 beseer in botsing

Foto: @TrafficSA/Twitter

Foto: @TrafficSA/Twitter

Een persoon is dood en 16 beseer na ʼn minibustaxi teen twee voertuie gebots het in Beyers Naudeweg in Montgomery Park, Johannesburg.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die bestuurder van een van die motors is op die toneel, naby die West Park-begraafplaas, dood. Minnaar sê vyftien passasiers van die taxi is in die ongeluk beseer. ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand. “Sy is uit die taxi geslinger,” het Minnaar gesê. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michelle ·

Dis altyd ‘n taxi wat betrokke is. Hoekom haal hulle nie net dit van ons paaie af nie. Hoeveel mense moet nog sterf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.