Een dood, 16 beseer in taxi-ongeluk

ʼn Man is dood en 16 mense is beseer nadat ʼn taxi Maandagoggend op die M25-pad naby Besters, in KwaZulu-Natal, omgeslaan het.

“Die taxi was onderweg na Durban toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit verskeie kere gerol het,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

ʼn Bejaarde man is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood verklaar.

“Agt passasiers het ernstige beserings opgedoen en agt het net geringe beserings opgedoen,” het Botha gesê. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en vir verdere behandeling na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.