Een dood, 19 beseer na ongeluk by konsert

Foto: ER24

Een persoon is dood na gisteraand se voorval by die Kaapstad-stadion waar ʼn stellasie omgewaai het voor die groep Linkin Park daar opgetree het.

Kylie Hatton, woordvoerder vir die Stad Kaapstad, sê ʼn vrou is gisteraand aan haar beserings oorlede nadat sy in die hospitaal opgeneem is. Die vrou is glo by die Christiaan Barnard-hospitaal oorlede. 19 mense is beseer waarvan 12 mense in die hospitaal moes opgeneem word. Hatton sê die polisie sal vanoggend die toneel ondersoek. ʼn Stellasie, waaraan advertensiebaniere gehang het, is deur ʼn sterk wind omgewaai waarna dit op konsertgangers geval het terwyl hulle gewag het om toegang tot die stadion te kry. Die konsert het voortgegaan ondanks die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.