Een dood, 35 beseer in Gauteng-busongeluk

Die ongelukstoneel tussen Carletonville en Fochville in Gauteng Foto: ER24

Die ongelukstoneel tussen Carletonville en Fochville in Gauteng Foto: ER24

Een persoon is dood en 35 mense beseer toe ʼn motor en ʼn bus Sondag op die N12 tussen Carletonville en Fochville in Gauteng teen mekaar gebots het.

“Daar was 35 pasiënte wat geringe tot matige beserings opgedoen het,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na plaaslike hospitale geneem.”

Die bestuurder van die motor is op slag dood.

“Volgens ooggetuies wou die ligte voertuig glo ʼn ander voertuig verbysteek toe hy die bus reg van voor getref het,” het Meiring bygevoeg.

Die owerhede ondersoek die ongeluk.

Altesaam 29 mense is Saterdagaand in ʼn busongeluk naby Natal Spa Hot Springs naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal beseer. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.