Een dood, 66 beseer in Wes-Kaap-ongeluk

Die ongeluk op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap Foto: Life Paramedics (verskaf deur ER24)

Die ongeluk op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap Foto: Life Paramedics (verskaf deur ER24)

Een persoon is dood en minstens 66 beseer toe ʼn oop vragmotor en ʼn motor Sondagmiddag op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap gebots en die vragmotor omgeslaan het.

“Die mense is hoofsaaklik beseer toe hulle uit die oop vragmotor geslinger is toe dit begin rol,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ER24-paramedici en ander nooddienste het dadelik die pasiënte op die toneel begin behandel.”

Een persoon het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die pasiënte is na die naaste hospitale in die omgewing geneem, het Meiring gesê.

Die ongeluk het omstreeks 16:45 plaasgevind. Die polisie ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.