Een dood, baie blind weens Nuwejaarsvuurwerke

Een persoon in Australië is dood ná ‘n onwettige klapper tydens Nuwejaarsvieringe in Melbourne, Australië afgeskiet is.

Berigte begin van regoor die hele wêreld instroom van mense wat oogbeserings opgedoen en selfs blind geword het na die afgelope Nuwejaarsvieringe. Altesaam 23 Nederlanders is blind gelaat en agt persone het elk ʼn oog verloor. Twee van die slagoffers was kinders.

Altesaam 464 mense is vir oogskade behandel, waarvan 155 self die vuurwerke afgevuur het. Die res van die persone was toeskouers. Net meer as 100 van die mense gaan permanente skade oorhou. In Noorweë het 17 mense oogbeserings opgedoen, waarvan drie kinders is. Vyf mense se beserings is ernstig. Nadat Noorweë in 2008 vuurpyle, wat met stokke gelanseer word, verbied het, is daar ‘n groot afname in beserings. In die Filippyne is agt mense deur dwaalkoeëls getref, en verskeie is hul vingers kwyt van vuurwerke. Altesaam 413 mense is teen 06:00 Nuwejaarsoggend reeds weens vuurwerkverwante beserings in hospitale opgeneem. Een persoon is in die hospitaal opgeneem nadat hy glo ‘n vuurwerk ingesluk het.

Die nuwe data word reeds deur drukgroepe en oogheelkundige verenigings gebruik om vuurwerke te verbied, of bestaande beperkings strenger toe te pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.