Een dood en een ernstig beseer na hul motor koei tref

Een man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat hul motor vroeg Sondagoggend teen ʼn koei op die R56 in Pietermaritzburg vasgery het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het sowat 05:00 plaasgevind. “Die voertuig het die koei getref, van die pad af gery en toe teen ʼn boom tot stilstand gekom,” het Botha gesê. Die passasier was in ʼn ernstige toestand maar het nog geleef toe paramedici opdaag. Hy het later aan sy beserings beswyk. Die bestuurder is vir ernstige beserings behandel en is na die Edenvale-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.