Een dood in Potchefstroom-brand

Foto: ER24

Een persoon is dood ná ʼn brand vroeg Woensdagoggend in ʼn woonstelblok in Potchefstroom uitgebreek het.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar toe ER24-paramedici by die toneel opgedaag het, was een van die woonstelle in ligte laaie. Verskeie inwoners van die woonstelblok het betyds uit die brandende gebou gevlug, maar een van die inwoners het verskeie noodlottige brandwonde opgedoen. Die persoon is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die brand sal deur die owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.