Een dood ná bakkie en taxi bots

Een man is dood en 16 mense beseer na ʼn bakkie en minibustaxi Maandagaand in Vanderbijlpark, Gauteng, reg van voor teen mekaar gebots het.

André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die besonderhede oor die ongeluk is nog nie duidelik nie.

“Die voorkant van die bakkie is heeltemal verwoes. Die bestuurder is noodlottig beseer en op die toneel dood verklaar,” het Visser gesê.

“ʼn Vrou in haar 70s het ernstige rug, nek en heupbeserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Vyftien ander pasiënte is vir verskeie geringe beserings behandel en is met ambulanse na omliggende hospitale geneem.”

Die betrokke owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.