ʼn Man is dood en ʼn ander ernstig beseer ná ʼn helikopter Donderdagmiddag naby Mankweng, Limpopo, geval het.
Luitenant-kolonel Ronel Otto het aan Maroela Media gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. “Die tweesitplek-helikopter het vroeër vandag by die Polokwane burgerlike lughawe opgestyg en ons vermoed omstreeks 14:00 naby die Nobody-nedersetting naby Mankweng neergestort.”
Een man is op die toneel dood verklaar. Die ander man is in ʼn ernstige toestand na die Polokwane-hospitaal geneem.