Een dood, nege beseer na gaslekkasie op skip

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Een persoon is dood en nege bemanningslede is ontruim nadat daar ʼn gaslekkasie was op ʼn skip aan die kus van Port Elizabeth.

Ian Gray, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Elizabeth, sê die nege bemanningslede is deur paramedici behandel en is in ʼn stabiele toestand in hospitale in Port Elizabeth. Die oorledene se liggaam is deur die patologie-eenheid van die skip verwyder. Gray sê die bemanningslede het gas wat vir verkoeling gebruik word ingeasem. Die skip was van Singapoer na die Falkland-eilande op pad. Die polisie ondersoek wat tot die lekkasie aanleiding gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.