Een dood toe kar in stilstaande motorfiets vasjaag

‘n Motorfietsryer is Sondagoggend dood en sy passasier ernstig beseer toe ‘n motor in Bloemfontein agter in hulle vasgejaag het.

“Die motorfietsryer het by ‘n verkeerslig staan en wag toe die motor van agter in hulle vasgejaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911 gesê. Die motorfietsryer is op die toneel dood. Sy vroulike passasier is in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.