Een dood, twee gewond na skietgeveg met polisie

geweer4-320x1791ʼn Man is doodgeskiet en twee ander gewond nadat hulle in ʼn skietgeveg met polisielede betrokke was in Ulundi, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê hulle het Vrydagmiddag ʼn verdagte motor opgemerk. Hy sê polisielede het die motor probeer stop maar die bestuurder het weggejaag. “ʼn Jaagtog het gevolg en daar word beweer dat die verdagtes op die polisielede losgebrand het. Die polisielede het teruggevuur en een van die verdagtes [19 jaar oud] is doodgeskiet.” Die twee beseerdes is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Zwane sê nog twee verdagtes is in hegtenis geneem. Hy sê polisielede het die motor deursoek en ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ʼn gesteelde verkeersbeampte-uniform gevind. Die motor is verlede jaar in Gauteng gesteel. Zwane sê die verdagtes, tussen 27 en 36 jaar oud, is aangekla vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, die besit van ʼn gesteelde voertuig, poging tot moord en die besit van ʼn gesteelde uniform. Die verdagtes sal Maandag in die Mahlabathini-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.