Een kritiek ná twee trokke bots

ʼn Vragmotorbestuurder is in ʼn kritieke toestand nadat sy voertuig Dinsdagaand van agter teen ʼn ander vragmotor op die N12 naby Witbank gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die bestuurder van die agterste vragmotor was in die wrak vasgepen en moes uitgesny word. “Die man, in sy laat 30s, moes gevorderdere lewensreddingbehandeling kry waarna hy na ʼn hospitaal in Witbank geneem is,” het Jackson gesê.

Niemand in die ander vragmotor is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.