Een persoon dood in enkelvoertuig-ongeluk

Een persoon is Maandagnag dood in ʼn ongeluk waarin slegs een vertuig betrokke was. Die ongeluk het in Methven-weg in Westville plaasgevind.

Volgens ER24 het nooddienspersoneel en die plaaslike brandweer met hul aankoms op die toneel die enkele voertuig gevind waar dit op sy sy in die rivier gelê het, met die bestuurder onder die voertuig vasgepen. Die persoon het reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die brandweer moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die liggaam van die man, wat na raming in sy twintigs was, onder die voertuig uit te kry.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar dit lyk asof die bestuurder om ʼn draai beheer oor sy voertuig verloor het, ʼn lemmetjiesdraadheining getref het en oor die wal van die rivier gery het voordat sy liggaam uit die voertuig geslinger is en onder die voertuig in die rivier vasgepen is.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.