Een sterf, baba kritiek ná KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood en ses mense is beseer nadat drie voertuie Dinsdagaand op die N2-snelweg naby Sunningdale in KwaZulu-Natal in ʼn ongeluk betrokke was.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag gesê twee voertuie het op die snelweg gebots, waarna ʼn ligte afleweringsvoertuig omgeslaan het. “Die bestuurder van die afleweringsvoertuig is op die toneel dood verklaar,” het Steinmann gesê.

Volgens Steinmann is een van die beseerdes ʼn nege maande oue babadogtertjie wat kritieke beserings opgedoen het. Twee meisies, onderskeidelik sewe en nege jaar oud, en drie vroue is ook in die ongeluk beseer. “Die vroue en drie kinders is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Verkeer gaan toeneem met die komende Desember-vakansie. Mense moet slegs padreels gehoorsaam, bedagsaamheid aan die dag te lê en gereeld rus.

Peter Says ·

Henko, ek sien hulle het die woord minibus taxi uitgelaat, hierdie ouens steur hulle nie aan reels en regulasies nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.