Een sterf in Bloem-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood nadat ʼn ligte voertuig Donderdagaand in Bloemfontein teen ʼn vragmotor gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die kruising van McKenziestraat en die N8-pad plaasgevind. “Dit is in die stadium nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was die persoon in die ligte voertuig reeds dood,” het Steinmann gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.