Een sterf in Krugersdorp-botsing

ambulansEen persoon is dood nadat ʼn voertuig en ʼn vragmotor Donderdagaand in Krugersdorp gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Main Reefweg in West Village plaasgevind. “Een persoon is op slag dood, en vyf ander is kritiek beseer,” het Steinmann gesê. Een van die slagoffers moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word vir dringende behandeling. Die ander vier is op die toneel gestabiliseer en is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.