Een sterf ná ‘dronk’ student bestuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige student is dood ná ʼn ongeluk Donderdagoggend in Potchefstroom, Noordwes.

“Sy was ʼn passasier in ʼn voertuig wat op die hoek van Hoffman- en Frazenburgstraat buite beheer geraak en gebots het,” het sers. Kealeboga Molale, ʼn woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie ander studente het geringe beserings opgedoen.”

Volgens Molale was die bestuurder van die voertuig ook ʼn student. “Die 21-jarige man is in hegtenis geneem en word aangekla van dronkbestuur en strafbare manslag.”

Die student moet binnekort in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amy ·

Daar het daai jong student sy hele lewe gaan staan en weggooi. Drank en bestuur gaan NIE SAAM NIE!!!!

Trudie ·

Donderdag ‘OGGEND’ toegesluit vir dronkbestuur, hoe laat of eerder hoe vroeg begin hulle al te drink??

Boere-meisie ♡ ·

Daai kom van deurnag kuier… hier bly youngsters oorkant my … hulle kuier al van vroegmiddag af tot soms 4, 5, 6uur in die oggend.

Jasper ·

Nog hartseer statistiek. Hoeveel gesinne is al platgeslaan deur hierdie euwel.

melissa ·

Ja, ongelukkig was drank betrokke en het almal in hul universiteits lewe bietjie gekuier..
@trudie – hulle het die woensdag aand gekuier om een vriend se graad vang te vuur.. hulle was op kampus waar die ongeluk gebeur het en was opad terug huis toe waar die studente op kampus bly..

onthou almal maak voute en kan nie die ou beskuldig wat besturr het nie.. want almal wat in die kar was het nie omgegee dat hy bestuur het nie.. hulle moes wel by huis kom..

die meisie wat opslag oorlede is, is my beste vriendin.. en vandag was glad nie n dag wat ek oit weer in my lewe wil oorleef nie..

die ou is uit en hofsaak is uitgestel tot november sodat hulle al die feite agter die rug het..

die kar het gerol toe die ou teen die sypadtjie vas ry en beheer verloor oor kar..

sonette ·

Ai Lili eks vreeslik jammer oor ou Tjoeksie. Sy was in die fleur van haar lewe, maar tenminste weet ons God is nog ‘n engeltjie ryker. sy was ‘n pragtige kind met ‘n hart van goud en sy gaan altyd daarvoor onthou word. Dit is moeilik om ‘n vriendin te verloor, glo my ek weet, my gebede sal saam al haar maaikies en familie wees. Julle moet mooi na julle-self kyk!!!

Boere-meisie ♡ ·

Innige simpatie ♡

Dis hartseer dat baie meer as net ‘n kampus vol studente op so wyse ‘n les in die lewe moet leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.