Een persoon is dood en ses beseer nadat ʼn voertuig en ʼn ligte afleweringsvoertuig Woensdagaand op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is dit nog nie duidelik hoe die ongeluk veroorsaak is nie, en die polisie ondersoek die voorval.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was een man reeds dood. Ses ander mense het verskeie beserings opgedoen wat wissel van matig tot kritiek,” het Steinmann gesê.
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Daar gaan seker weer gekookte statistieke deurgegee word van die aantal sterftes op die land se paaie aan die einde van die feesseisoen.