Een sterf in PTA-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood en ses beseer nadat ʼn voertuig en ʼn ligte afleweringsvoertuig Woensdagaand op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is dit nog nie duidelik hoe die ongeluk veroorsaak is nie, en die polisie ondersoek die voorval.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was een man reeds dood. Ses ander mense het verskeie beserings opgedoen wat wissel van matig tot kritiek,” het Steinmann gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Daar gaan seker weer gekookte statistieke deurgegee word van die aantal sterftes op die land se paaie aan die einde van die feesseisoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.