ʼn Vrou is dood en ses mense beseer nadat die taxi, waarin hulle vervoer is, Maandagoggend in Pretoria gerol het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 06:34 in Eeufeesweg gebeur. Die wrak van die taxi het die besige pad versper. Een vrou is op die toneel dood verklaar. Ses ander mense het geringe beserings opgedoen en is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.
Verkeer in die omgewing is erg vertraag deur die ongeluk.