Een sterf toe vragmotor teen boom bots

ʼn Vragmotorbestuurder is dood en sy passasier in ʼn ernstige toestand nadat hul voertuig Vrydagoggend teen ʼn boom in Benoni se middestad gebots het.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk in Woburnweg, Benoni in Gauteng, plaasgevind. Die bestuurder, ʼn man in sy laat 20s, het glo beheer oor die voertuig verloor. “Volgens ER24 en die provinsie se ambulansdienste was albei pasiënte vasgekeer binne die wrak. Die bestuurder het noodlottige beserings opgedoen en was reeds dood. Die passasier is behandel vir rug- en nekbeserings asook moontlike interne beserings. Hy moes uit die wrak gesny word. Hy is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Banks gesê.

Die polisie was ook op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.