Een sterf, twee beseer ná gesin se voertuig rol

ʼn Persoon is dood en ʼn ma en haar seun ernstig beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het op die N12-pad, omgeslaan en gerol het.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval Saterdag sowat 27km buite Kimberley gebeur.

“Die voertuig het erge skade tydens die ongeluk opgedoen. Een persoon is op slag dood. Die ma en seun het verskeie beserings opgedoen en is vir gebreekte bene en nek- en rugbeserings behandel. Hulle is na die hospitaal in Kimberley geneem vir verdere behandeling,” het Banks gesê.

Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie en die saak word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.