Een sterf, twee beseer ná trok omslaan

ʼn Man is dood en twee beseer nadat die swaarvoertuig waarin hul gery het op die N1-snelweg 40km buite Bloemfontein omgeslaan het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het Woensdag omstreeks 05:00 in ʼn noordelike rigting van die snelweg plaasgevind.

“Die bestuurder van die swaarvoertuig het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Die voertuig is in die veld langs die pad aangetref waar dit ook sy vrag verloor het,” het Steinmann gesê.

Een man is op slag dood en sy liggaam moes uit die wrak gesny word. Die ander twee mense het matige beserings opgedoen is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.