Een van die Everly Brothers sterf

Phil (links) en Don van die Everly Brothers.

Phil (links) en Don van die Everly Brothers.

‘n Video van die Everly Brothers se treffer Wake Up Little Susie volg onderaan die berig.

Phil Everly, wat saam met sy broer Don as die duo die Everly Brothers bekendgestaan het, is Vrydag in die ouderdom van 74 oorlede.

Everly se seun, Jason, het bevestig dat sy pa aan chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte oorlede is, berig Time. Die Everly Brothers het in die vyftigs en sestigs die musiekwêreld aan hul voete gehad met 19 Top 40-treffers. Die duo het in 1973 opgebreek en weer in 1983 herenig. Hulle is in 1986 in die Rock ‘n’ Roll Hall of Fame opgeneem. Rolling Stone het die duo in 2004 met die 33ste plek bekroon in sy lys van die beste kunstenaars van alle tye. Bye Bye Love en Wake Up Little Susie was van die duo se bekendste treffers.

http://youtu.be/4X7b2E_Jq-k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Wie van ons tydgenote sal ooit “Wake up Little Susie” vergeet – RIV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.