Een van die vermiste rugbyspelers opgespoor

Die foto is kort na die tragedie in Blouwaterbaai geneem. Foto: NSRI

Die liggaam van een van die vyf rugbyspelers wat in die see by Port Elizabeth vermis geraak het, is by die Ngqura-hawe opgespoor, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Ons het vandag omstreeks 11:30 een van die vermiste persone by die Ngqura-hawe opgespoor,” het kaptein André Beetge gesê. “Die persoon is deur sy gesin uitgeken. Hy is die 21-jarige Anelisa Mbuzeli. Die Motherwell Rugbyklub se lede het Sondag in die baai vermis geraak, nadat hulle deur ʼn sleurstroom die diepsee ingetrek is. Lewensredders het 15 persone gered.

ʼn Lid van die rugbyspan is na die strand teruggeneem, maar hy is op die toneel dood. Die span het glo ná rugbyoefening in die water gaan afkoel. Beetge sê die polisie sal die hawe-gebied as ʼn verwysing gebruik om die ander vier persone, wat steeds vermis word, op te spoor. “Ons is oortuig dat ons die ander binnekort sal opspoor.” Polisie het glo Dinsdag tydens ʼn beradingsessie by die Swartkops Polisiestasie aan die naasbestaandes gesê dat hulle moet aanvaar dat hul vermiste gesinslede oorlede is. “Dit kan weke duur voordat hulle liggame uitspoel, en dit is moontlik dat hulle nooit opgespoor kan word nie,” het hy gesê. Beraders en maatskaplike werkers is ontbied om die naasbestaandes en die slagoffers se medespelers te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.