Een van drie San-taalsprekers sterf

Aenki Kassie Foto: www.nanduti.com.py

Daar is nou slegs twee mense wat die oudste oorlewende San-taal van Suid-Afrika kan praat, nadat die derde persoon op 7 Januarie in Upingtong dood is.

Aenki Kassi (71) was een van slegs drie mense wat die N/uu-taal kon praat, berig Cape Times. Haar seun het gesê sy is in die hospitaal aan waterpokkies dood. Kassi was deel van die Khomani-mense van die Kalahari-woestyn, wie se taal in 1998 by navorsers bekendheid verwerf het.

Una Katriena Kassie Rooi, wat ook die taal magtig was, is in Maart 2012 in die ouderdom van 81 dood.

Die Koördineringskomitee van Inheemse Volke van Afrika het aan die Cape Times gesê Aenki Kassie was ‘n uitmuntende storieverteller. “Sy en haar dogter het saam met Unesco gewerk in ‘n poging om die mondelinge erfenis van die Khomani-mense van die Kalahari-woestyn te bewaar en te bevorder. Mag sy in vrede rus,” het die komitee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.