Een van KZN se mees gesoekte misdadigers vas

handcuffs3-320x257Een van KwaZulu-Natal se mees gesoekte misdadigers is in Ntuzuma naby KwaMashu in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte is Vrydag in hegtenis geneem. Naicker sê die polisie het inligting ontvang dat die verdagte in ʼn swart VW Golf in die Bester-area was. Hy sê die polisie het die motor opgespoor en gesien daar is twee insittendes in. Die insittendes het op polisiebeamptes losgebrand toe hulle die motor genader het. ʼn Polisiebeampte is in die been geskiet terwyl ʼn omstander in die rug geskiet en gewond is. Een van die insittendes het homself aan die polisie oorgegee terwyl die ander een gevlug het. ʼn AK47 wat glo tydens verskeie rooftogte gebruik is, is in die motor gevind. Die polisie het ʼn soektog na die tweede man van stapel gestuur en hy is later in ʼn huis naby die toneel gevind. “Die verdagte is een van die mees gesoekte mans in KwaZulu-Natal en word aan verskeie transito- en gewapende rooftogte in die provinsie verbind.” Naicker sê beide mans sal Dinsdag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.