Een van mees gesoekte stropers dalk vas

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Woensdag een van die mees gesoekte renosterstropers in ‘n woongebied naby die Krugerwildtuin vasgetrek. Ike Phaahla, die woordvoerder van Sanparke, het gesê ’n spesiale ondersoekeenheid van die polisie het ná ‘n lang ondersoek die verdagte in Cork Trust in hegtenis geneem.

“Die verdagte word moontlik verbind met ‘n groep wat in die Krugerwildtuin en omliggende gebiede bedrywig is,” het Phaahla gesê. Die polisie het beslag gelê op dele van renosterkarkasse, ʼn Sanparke-uniform, jagtoerusting, gewere en ammunisie.

In ‘n afsonderlike voorval is drie vermeende renosterstropers aangekeer ná ‘n skietgeveg met wildbewaarders in Malelane. Een van die verdagtes is gewond en daar is op verskeie wapens en jagtoerusting beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

vuurvreter ·

Ai maroela daar gaan die laaste paar van die mense wat kommentaar gelewer het na ander forums toe. Hoekom soek julle nie iemand wat kan redeneer wat reg of verkeerd is nie. Nou sit julle met n persoon wat glad nie n benul het wat aangaan nie.

Gert Malan ·

Ek stem vuurvreter, dit het nou so kuis hoekie geword hierdie dat dit regtig nie meer aangenaam is om hier in te gaan, te lees en kommentaar te lewer nie. As ‘n mens moet doen soos hulle in hul kennisgewing se, dan los ek eerder want dit gaan dan baie moeilik wees om jouself uit te druk.

Dinknet ·

Ag Vuurvreter,my kommentaar verdwyn soos ek dit tik,so ek gaan seker ook verdwyn! Nes my kommentaar!

Jasper ·

Vir die man se bydrae tot die uitwissing van renosters moet hulle hom “Ere Stroper” maak. Nooi al die Wildbewaarders en Ere Veldwagters na die funksie toe sodat hulle hom kan “gelukwens”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.