Een vasgekeerde myner gered

Een myner is uit ʼn tonnel wat Dinsdag by ʼn diamantmyn naby Kleinzee inmekaargeval het, gered.

Kaptein Cherelle Ehlers van die Noord-Kaapse polisie het gesê hulle het pas inligting ontvang dat die persoon gered is. “Die persoon word vir skok en ligte beserings behandel,” het sy gesê.

Ehlers het vroeër bevestig dat 19 onwettige myners ondergronds vasgeval het, maar dat reddingswerkers met hulle in verbinding is. Hul toestand is tans onbekend. ʼn Tonnel wat nie meer in gebruik is nie, het inmekaargestort en die mans ondergrond vasgekeer. Die mans het glo onwettig diamante gemyn.

Drie van die 11 mans wat vroeër uit die ineenstorting ontsnap het word by ʼn hospitaal in Springbok behandel.

Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.