Een wenner vir $590 miljoen-boerpot

Argieffoto van ‘n Powerball-loterykaartjie

Een gelukkige wenner beskik oor die wenkaartjie vir die grootste Powerball-boerpot ooit in Amerika.

Die nommers was 22, 10, 13, 14, 52 en die Powerball-nommer 11, berig CNN. Die kaartjie is in Zephyrhills, Florida in Amerika verkoop, het David Bishop, adjunksekretaris van die Florida-lotery gesê. Saterdag se boerpot beloop $590.5 miljoen (sowat R5,3 miljard), met ‘n kontantwaarde van $376.9 miljoen (sowat R3,3 miljard).

Twee wenners in Arizona en Missouri het in November $587.6 miljoen gewen.

Die grootste boerpot in Mega Millions van $656 miljoen is in Maartmaand deur drie gelukkige wenners gedeel.

Indien iemand nie die wennommers gekies het nie, sou die boerpot Woensdag $925 miljoen beloop het.

Die Powerball-lotery word in 43 state, die District of Columbia en die US Virgin Islands gespeel. ‘n Enkele kaartjie kos $2 en die kans om die boerpot te wen is 1 in 175 223 510.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.