Eenjarige verdrink by oppasser

ambulansʼn Eenjarige seuntjie het Woensdag in Welgelegen in Kaapstad verdrink by familielede wat hom opgepas het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 11:39 plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend hoe die kind in die water beland het nie, en sal deur die polisie ondersoek word,” het Botha gesê.

Paramedici en beamptes van die brandweer het vir ʼn uur lank gespook om die kind by te bring, maar  was onsuksesvol en die kind is op die toneel dood verklaar.

Lt.kol André Traut, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het bevestig dat ʼn baba by ʼn privaatwoning verdrink het. Hy het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word en die polisie ondersoek die voorval.

Die naam van die kind is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.