Eerlike taxibestuurder gee R7.2 miljoen terug

Sia Ka Tian by sy taxi in Singapoer

‘n Taxibestuurder van Singapoer het $900 000 (sowat R7,2 miljoen) kontant aan ‘n paartjie teruggegee het wat die kontant in sy taxi gelaat het.

Sia Ka Tian (70) was geskok toe hy Maandag op die kontant in ‘n swart sak op die agterste sitplek afgekom het. Hy het die paartjie by ‘n winkelsentrum afgelaai. “Toe ek die geld sien, het ek gedink, hier is probleme. Ek was seker daar was ten minste $200 000 in die sak,” het Sia aan Straits Times gesê. Tian bestuur al 31 jaar lank taxi. Hy het die kontant na sy vervoermaatskappy, ComfortDelGro’s geneem en sy verstomde kollegas het die $900 000 in duisend-dollar note afgetel.

“Die geld is nie vir my belangrik nie. Dit behoort nie aan my nie, hoe kan ek dit dan gebruik?” het Sia gesê.

Die paartjie van Thailand het die vervoermaatskappy gekontak en Sia het vir hulle gewag toe hulle terugkeer. Die berig verduidelik nie waarom die paartjie soveel kontant aan hulle gehad het nie.

Sia het glo ‘n beloning van die dankbare paartjie ontvang, en die maatskappy het ook planne om hom vir sy goeie diens te beloon.

“Om op $1 miljoen kontant af te kom is nie ‘n algemene verskynsel nie, en ons wonder hoeveel ander mense dit in hul sak sou druk,” het Tammy Tan, woordvoerder vir ComfortDelGro’s gesê. “Ons is geweldig trots op hom en is bly dat die passasiers hul geld teruggekry het.”

In 2009 het ‘n taxibestuurder van dieselfde maatskappy vyf kilogram goue stawe terugbesorg wat in sy motor agtergelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Daar word nie gesteel in daardie land nie ….. hulle weet dit is doodstraf as hul gevang word ….. einde van storie~

Paul Joubert ·

Die doodstraf kan nie in Singapoer vir diefstal opgelê word nie, Berita.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.