Eerste burger en adjunk het 16 lyfwagte

maxresdefault

Yusuf Bhamjee. Foto: Youtube

ʼn Burgemeester van KwaZulu-Natal en sy adjunk het sedert 2008 ʼn totaal van 16 lyfwagte tussen die twee van hulle teen ʼn koste van meer as R1,2 miljoen per jaar, berig die Sunday Tribune.

Volgens die berig het Yusuf Bhamjee, burgemeester van die uMgungundlovu-distrik, en sy adjunk, Thandiwe “Fucwana” Zungu, meer lyfwagte as Senzo Mchunu, KwaZulu-Natal se premier. Mchunu het vyf lyfwagte. Pietermaritzburg, Howick, Mpendle en Richmond maak deel uit van die Umgungundlovu-distrik. Twee van Bhamjee se lyfwagte, Thulasizwe Mbanjwa en Sthembiso Mokoena, word intussen daarvan beskuldig dat hulle twee weke terug op ʼn motoris op die N3 losgebrand het terwyl hulle Bhamjee vergesel het. Hulle het verlede week in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord. The Mercury het Vrydag berig dat Mbanjwa ʼn vorige veroordeling vir poging tot moord het en dit nie aan die hof bekend gemaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Viljoen ·

Die Indiers bly maar banggate en van korrupsie kan niemand hulle iets leer nie. As hulle iemand kan inloop doen hulle dit sonder om te blik of te bloos.

Marie DB ·

Dit is “Daylight Robbery”. Ons moet vir ons eie veiligheid betaal, dit is hoekom hulle die statistieke so goed laat lyk. Hulle voel vreeslik veilig, niemand kan by hulle uitkom om hulle te roof of te vermoor nie. En wie betaal daarvoor, ons die belastingbetaler. Dit is tyd dat ons ook al die geld wat ons aan veiligheid/sekuriteit spandeer terugeis van SAID af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.