Eerste burger ry glo sowat 1 000 km per dag

ʼn Burgemeester van die Vrystaat ry glo tussen 450 km en 1 000km per dag volgens munisipale boekhouding en syfers.

Volksblad het Dinsdag berig dat Mongi Ntwanambi, burgemeester van die Xhariep-distrik, die belastingbetaler tussen Januarie en Oktober verlede jaar sowat R480 000 uit die sak gejaag het vir brandstof, instandhouding, herstelwerk, lisensiëring en die opsporingstelsel vir sy Mercedes Benz. Dit was meer as die helfte van die kosprys van die motor in 2010. Volgens die berig moes Ntwanambi in April alleen gemiddeld 1007 km per dag gery het vir die R42 964 waarvoor hy geëis het. Ntwanambi het in Julie slegs R4 637 spandeer toe sy motor in was vir herstelwerk, wat die munisipaliteit meer as R60 000 uit die sak gejaag het. Ntwanambi het glo die kostes bekend gemaak as motivering vir die distriksraad om vir hom ʼn nuwe motor te koop. Die DA in die Vrystaat sê die kostes is absurd en het die ouditeur-generaal gevra om dit te ondersoek. Volgens Volksblad het die munisipaliteit geweier om kommentaar te lewer oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.