Eerste burger vas vir dronkbestuur

Mahole Simon Mofokeng

Mahole Simon Mofokeng, die burgemeester van Sedibeng, is in hegtenis geneem nadat hy glo teen ‘n ander motor gebots het terwyl hy na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het.

The Star berig dat Mofokeng ʼn hotel in Vanderbijlpark verlaat het toe die voorval plaasgevind het. Volgens die berig het Mofokeng Dinsdagaand agter tralies deurgebring. Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Mofokeng ʼn bloedtoets by ʼn hospitaal ondergaan het. “Hy is Woensdagoggend op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy is van die polisiekantoor vrygelaat en het nie in die hof verskyn nie.” Die saak is tot 5 September uitgestel.

In Februarie vanjaar het Mofokeng glo in ʼn kroeg geval en moes hy deur omstanders opgehelp word. Dan Manoeli, Mofokeng se woordvoerder, het destyds gesê dat hulle vermoed dat Mofokeng se drankie gedokter was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.