Die foto’s volg onderaan die berig. Die eerste amptelike gesinsfoto’s van die hertog en hertogin van Cambridge, amateurfoto’s wat deur prins George se oupa geneem is, is Dinsdag deur Kensington-paleis aan die wêreld bekend gestel.
Die foto’s, met ʼn ontspanne ma en pa is deur Kate se pa, Michael Middleton, in die tuin van sy gesinswoning in Bucklebury, Berkshire, geneem. In ʼn tweede foto verskyn die gesin se swart cocker spaniel genaamd Lupo, en die Middletons se hond, ʼn golden retriever genaamd Tilly, saam met die jong egpaar en hul baba.
Ondanks ʼn tekort aan tegniese vaardigheid is die foto’s goed ontvang deur aanhangers van die koninklike gesin. “Ek hou daarvan dat die foto van die koninklike baba sommer net oupa se foto is wat agter in die erf geneem is, self met die hond ingesluit,” het Claudia Gray, bekende jong skrywer, op Twitter gesê.
Ander Twitter-gebruikers was ongenaakbaar: “Regtig baie slegte gehalte foto’s! Die ergste tuisgemaakte foto’s wat ek in ʼn lang tyd gesien het. Dit is ʼn skande dat dit die eerste foto’s van die koninklike baba is.”
Prins George is op 22 Julie gebore.
Die persone wat so kla omdat dit tuis foto’s is en nie van goeie gehalte nie moet vir hulle brille aanskaf, die foto’s is puik. Baie dankie hiervoor.
Dis pragtige foto’s. Ek is mal daaroor. Dit lyk so gemaklik en ontspanne. Geen aansitterigheid nie.
Dis baie mooi fotos! Hoekom moet alles altyd opgetof word net omdat hulle koninklik is? Ag nee wat, hulle is mense soos ons en dis pragtige fotos! Natuurlik.
Ek stem ! Hulle bly na alles – STEEDS MENS !
Pragtige foto’s van ‘n pragtig gelukkige gesinnetjie. Soos enige ander ouerpaar is hulle baie trots op hul eersteling. Baie dankie vir die pragtige foto’s