Soorte resepte:

Eerste kykie: Bekendes kook by Maroela Media

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Die aktrise Lizz Meiring saam met Leonie Bezuidenhout, aanbieder van ‘Proe gou hier’. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Proe gou hier, ʼn nuwe en informele kookprogram waar Afrikaanse bekendes, legendes en invloedrykes ʼn resep wat hulle na aan die hart lê, optower, word eersdaags op Maroela Media en AfriForumTV van stapel gestuur.

Proe gou hier beloof heerlike gesprekke, smaaklike disse en skaterlagoomblikke – alles in ons eie huislike kombuis saam met ons aanbieder, Leonie Bezuidenhout.

Geregte word ook saam in die ateljee geniet en beproef deur ʼn lid van die Maroela Media-span, oftewel ʼn “Maroelega”. Só leer lesers en kykers die span agter die grootste Afrikaanse nuusplatform beter ken.

Die bekroonde aktrise en skrywer Lizz Meiring is ons eerste gas vir ʼn spesiale Kersfees-episode wat op 25 Desember op AfriForumTV te sien sal wees.

Ons gaste se volledige resepte en ʼn korter episode met van die hoogtepunte sal egter op Maroela Media beskikbaar wees.

Kykers kan maandeliks na nuwe episodes uitsien met gaste soos Bettie Kemp, Ruan Josh, Cilliers Brink, die burgemeester van die Tshwane-metro, en vele meer.

Cilliers Brink, Tshwane-burgemeester, saam met sy vrou, Mariska, en Leonie Bezuidenhout. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

In dié kombuis is almal tuis en word niemand se kookvermoëns veroordeel nie. Só leer ons saam kook.

Waarvoor wag jy, kom proe gou hier!

  • Kyk hier na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.