Die sentrale binneland kan van Woensdag 18 September dalk die eerste voorsmakie van vanjaar se lentereëns ontvang.
Volgens die Noorweegse weerdiens kan Bloemfontein op 18 en 19 September saam ‘n raps oor die 11 millimeter te wagte wees.
Ongelukkig lyk dit nie of die res van die binneland veel te wagte kan wees nie, met Pretoria wat kwalik ‘n katspoegie te wagte kan wees. Johannesburg sal na verwagting darem twee katspoegies kry. Ook oor Noordwes lyk dit nie na veel meer as stofnat nie.
Welkom in die Vrystaat kan byna tien millimeter te wagte wees, Kimberley kan so vyf millimeter verwag, maar verder wes lyk dit of Upington droog gaan bly. Ook oor Limpopo lyk dit of die reën nog eers gaan wyd hou.
Op die tiendae-voorspelling lyk dit nog nie of die werklike lentereëns sommer in dié tydperk oor die binneland sal uitsak nie.
Die ou mense het altyd gesê as die goeie reëns kom moet dit nie voor Oom Paul se verjaarsdag (10 Okt) wees nie ander gaan dit ‘n droeë jaar wees. Mag die Almagtige ons seën met milde reën want hier by ons lyk dit sleg. Nie eers in die dorp wil die gras groei nie.
Onthou jy nog dat die oumense ook gepraat het van die geelperskerëen?
Ja dis droog! Maar Hy skenk altyd uitkoms.
Ek wou nou net sê “die geel perskereën”!
Dis heerlike lente, die winter is verby…….!!!! Onthou julle nog?
Lekker laerskool liedjies … ag jinne, vat jy my jare en jare terug ;)
Ai man as sub A-tjie sit die klas tussen knie-hoe gousblomme daar in Namakwaland terwyl o.a. daai liedjie gesng word! Hoe verlang ek nou! Grpetnis!
Oeee ja…
Jip JAVR. Ons onthou. Die goeie ou dae, toe ons nog in die saal gesing het. Lekker ligte en geestelike liedjies. Was vir my altyd die hoogtepunt van die week gewees. Ek het luidkeels saamgesing, al kon ek nie noot hou nie. Dit was net lekker gewees.
Geelperske reën soos julle seg. Ons noem dit hier ook die Haakbos reën. Dit is hel droog en almal hier in ons omgewing voer. Indien ons nie hierdie jaar goeie reën kry nie het ons groot probleme, meer as wat ons sal kan hanteer. Vertrou maar op die Liewe Vader.
Ons hier in die Kaap het oorgenoeg reen gekry. Hoop julle kry nee so baie.
Vuurmannetjie, hier by ons is plek vir baie. Dit kan maar val. Sal maar die wrakke toemaak dat hulle nie verder roes nie.
Ja julle plakkers het hiernatoe gespoel! Hoop ons kry vinnig rëen sodat ons hulle met rente kan terugstuur!