Eerste sneeu in Kaïro in 112 jaar

Sneeu in Madinaty, Egipte Foto: Sara Ghazy

Sneeu in Madinaty, Egipte Foto: Sara Ghazy

Sneeu het Vrydagoggend vir die eerste keer in 112 jaar in Kaïro in Egipte geval.

Meteoroloë het gesê die huidige koue weer in dié land kan tot Saterdag duur, berig Ahram Online. Temperatuur wissel tussen 5 en 11 grade Celsius en kan Vrydagaand moontlik tot so laag as 2 tot 3 grade Celsius daal.

Inwoners op die buitewyke van Kaïro het Vrydagoggend die sneeuval aangemeld.

Talle Egiptenare het op sosiale media kommentaar gelewer oor die koue weer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Dit is darem iets wat ek graag sou wou aanskou!! Dele van Kairo onder ‘n sneeukombers, ek het nog nooit so warm gekry soos wat ek in Kairo in die woestyn gekry het nie. Dit moet iets wees om te onthou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.