Eerste sneeu vir 2013

Argieffoto

Die eerste sneeu in Suid-Afrika vir 2013 het Vrydag op die Drakensberg en in Lesotho begin val.

Snow Report het Vrydagmiddag op hul webwerf geskryf die eienaar van ʼn plaaslike gastehuis het swaar sneeuval op Sani-pas bevestig.

Die Weerburo van Suid-Afrika het Vrydag aan Maroela Media gesê weerstoestande is gunstig dat sneeuval in dié gebied, veral Lesotho en die westelike gedeelte van KwaZulu-Natal, nog tot Saterdagoggend of -middag verwag kan word. Volgens die weerburo is dit nie ongewoon om dié tyd van die jaar sneeuval te beleef nie.

“Alhoewel klimaatsveranderings uiterse weertoestande veroorsaak, word hierdie weerpatroon toegeskryf aan die oorgang van die seisoen,” het die weerburo gesê.

Sneeu by die Sani Mountain Lodge op 19 April 2013 omstreeks 12:30. Foto: Snowreport.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Dis nie ‘n eerste. Sani Pas was al twee weke gelede vol sneeu asook my Letseng Myn

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.